Ek wil net my dank betuig teenoor my verblyf tydperk by Bateleur Gastehuis van 25 to 27 Julie 2023.
My dogter was gehospitaliseer en ek moes inderhaas verblyf kry.
Van dat ek gebel het en met Zanda-Lee gepraat het was ek sommer rustiger. Ek en my vrou is met ope arms ontvang en die diens wat ons gekry het was uitstekend.
Ek het die gevoel gekry dat die personeel profetineel is maar ook tog baie vriendelik en behulpsaam.
Ek glo daaraan om as ek iets op die hart voel moet die mense dit weet, dus is dit die rede vir my brief.
Dra asb my dank aan Zanda-Lee en al die ander personeel oor en wees verseker dat ek nie weer ander verblyf sal gebruik as ek in Klerksdorp is nie.
Ek sal ook julle by almal wat ek ken aan beveel.
Nogmaals baie dankie en Seen vir julle.